Weet jy, daai boek van jou hat heelparty pennies in hul plekke laat inrol – dankie.

In kort – my storie-

My pa-hulle was hierdie trots Afrikaanse familie waar die oudste van die oudste altyd ‘n seun was –toe kom ek – my pa het my gereeld vertel dat hul die baba weg gegooi het en vir hul die nageboorte gegee het om groot te maak – nou ja- my pa se ouers het by ons kom woon en my oupa het tussen my 2 en 16 jaar oud wees my relatief, wel, noem dit maar misbruik.  Hy was hierdie hoofouderling wat elke aand huisgodsdiens gehou het en dan, na ‘n uur op ons kniegkoppe terwyl hy sy worstelstryd met almal deel –sonder detail natuurlik- het hy aand na aand maar net weer sy belustigheid op my kom uithaal.  My ma wou nie regtig swanger met my gewees het nie, sy het nie die gereedskap gehad om ‘n ma te wees nie, en, ja, dit was nogal rof – ek, as oudste van 4 het vanaf graad 1 presteer – en – my beloning  was gewoonlik ‘n pak slae of een of ander straf oor ek beter gedoen het as die res.

Ek het gaan studeer en hard terug betaal aan my studieskuld – maar, ja, my suster se standard 8 uitslae het meer opslae gemaak as my onderskeidings en dies meer.  So, ja, ek was nogal ‘n al-een- mens.

Ek ontmoet toe hierdie man en trou met hom – daar was nie juis iets om na toe terug te keer by die huis en, ja, aandag van hom het my laat dink hy was GESTUUR.

NA 23 jaar van erge emosionele en soms fisiese aanrandings het ek een dag net uitgestap –

Ondertussen het ek die trauma sentrum begin, want, in my soeke na verstaan het ek besef hoeveel lewende dooies daar buite rond stap.

NA ek, gegewe die feit date k nou geskei en al daaai goeters is, deur diekerk vriendelik versoek is om liewer ‘n ander heenkome te soek het ek toe maar terug gekeer na die reg.

Ek het, na 5 jaar van rondval DALK nou weer in die kerk ‘n moontlike holte gevind – maar- op hierdie stadium kyk ek hul nog uit – om enige iemand anders te vertrou – wel – dis nie juis moontlik.  Ek help ‘n vriendin en haar man – natuurlik onder protes- by ‘n shelter waar hul hawelose wesens oornag en kos en stort geriewe gee – ek is ‘n groupie leier van hul Alpha kursus – daai Metodiste bekeer weergawe ding.

Ek het betrokker geraak en nie gegaan met die oog om enige iets self te baat nie – groep leier wees was soos voorsit in ‘n saak – mens luister en fasiliteer mos maar net – nou ja- iewers het daai wesens my hart weer effe laat begin dink dat dalk kan ek iewers iets in die samelewing vir iemand beteken.

Ek het vir die eerste keer in al die jare – myself vergewe vir wat ookal my aandeel aan die chaos in my lewe was, en, weet jy, dis of die Here se genesende salf gate vul waarvoor ek nie eens ‘n naam kan gee nie.

Jou boek het bevestig date k my nie verbeel het nie – dat dit wat ek beleef het nie sommer net my verbeelding was nie – maar ook – dat daar hoop en uitkoms en heelword kan plaasvind.

Dankie.