Hallo Nadia

  • Hoop en genesing

    Hallo Nadia


    Wat ʼn voorreg om vir jou hierdie briefie te kan skryf. Elke keer as ek aan jou dink, onthou ek dat jou naam hoop beteken. Hoop is een van die dinge in die lewe waaraan ek met albei hande vashou.


    As dit rof gaan in ʼn mens se eie lewe is daar baie onrusbarende dinge wat ʼn mens raaksien. Dit is geen troos om die koerant op te tel of nuus te luister nie. Kindermoord, politieke korrupsie, tolgeldgevegte en brandstofpryse dra nie by tot my siel se saligheid nie.

  • Vroeg in die oggend

    Nadia 07

    Hallo Nadia

    Mense sê wonderlike goed oor die begin van ʼn dag, soos dat die môrestond goud in die mond het. Natuurlik is dit voordelig om vroeg op te staan, veral wanneer jy ʼn goeie na se rus agter die rug het.

    My sirkadiese ritme is egter van so ’n aard dat ek nie ’n oggendmens is nie.