Dr Barbara Louw
-
‘n Bietjie liefde vir die kruidjie-roer-my-nie

‘n Bietjie liefde vir die kruidjie-roer-my-nie
In ons hedendaagse samelewing is baie mense so bevrees vir hul toekoms dat hul lewenslus en hoop al kleiner raak. In die werkplek en by die huis kan niemand dink dat hulle nie in totale beheer van alles kan wees nie.
Dit is presies die teenoorgesteldeén dieselfde as om in ‘n oorlewingswaan te wees. Almal word op ‘n afstand gehou met ‘n beleefde, neutrale: “Dit gaan goed, dankie”. Indien iemand hulp aanbied of meer geneentheid van jou verwag klap jy toe soos die kruidjie-roer-my-nie.
'n Kruidjie-roer-my-nie is 'n plant wat by aanraking sy blare vinnig kan toevou. Die Kaapse-kruidjie-roer-my-nie (Melianthus Comosus) is inheems aan Suid-Afrika. Dit is 'n struik wat vinnig groei en wat aromatiese blare het. Die klokvormige blomme is helderrooi met swart kolle aan die hals. Die pragtige plante trek voëls soos suikerbekkies aan. Gewoonlik is die blare snags opgevou en oordag uitgesprei, maar by aanraking kan die plant skielik sy blare toevou.
Nadia, my uitdaging vir jou in 2022 is om dit te waag om ‘n bietjie meer liefde, ondersteuning en vriendskap in jou lewe toe te laat. Laat toe dat die mense om jou kan sien watter pragtige mens jy is. Jy is lief vir ons Hemelse Vader, maar daar is ‘n groot vrees wat veroorsaak dat jy soos ‘n kruidjie-roer-my nie toeslaan as iemand naby jou kom.
Ja, mense kan seer maak en jou teleur stel, maar God se genade is elke oggend nuut, die son sal wel weer skyn en daar is liefdevolle, omgee-mense om jou. Die meeste mense ken nie die wonderlike mense in hul eie lewens nie, want hulle is te besig. Besig om ander vanselfsprekend te aanvaar en ons harte is toegepanser.
As die seer van trauma die lens geword het waardeur jy na die wêreld kyk is dit tyd om die lense skoon te maak of ‘n ander bril te kry. Jy is baie sterker as wat jy vandag voel. Jou gewilligheid om te probeer om mense toe te laat om jou te leer ken en lief te hê sal maak dat jy verander. Jy sal elke keer ‘n bietjie dapperder en wyser wees.
Waar begin ‘n mens? Begin by eenvoudige dinge. Deel wat vir jou mooi is en luister na wat vir ander pragtig is. Dit kan ‘n kleur, ‘n blom, musiek of ‘n dankie wees.
Waag om ‘n bietjie meer liefde en vriendskap in jou lewe toe te laat en onthou 1 Johannes 4:18-19. “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, enwie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het”.
As die uitdaging te moeilik is of die vrees het in jou hart vasgegroei kan ek help. Ek is ‘n oproep ver. Jy kan self ‘n afspraak bespreek sonder enige derde party wat baie vrae vra deur na my webwerf te gaan vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.
Ek sien uit daarna om van jou te hoor.
Groete tot volgende keer.
Dr Barbara
-
‘n Bietjie ligter

Hallo Nadia
Elkeen het nodig om ‘n bietjie ligter te raak aan die einde van die jaar. In die jaar het ieder en elk swaar laste opgetel en hartseer, saam met teleurstelling, in die oë moes kyk. Die gebeure, drama en krisisse rondom COVID-19 was egter net ‘n seisoen in ons lewens. ‘n Lang seisoen waarvan die einde nog nie in sig is nie.
Ek het baie hoop vir die komende jaar. Dalk gaan dinge nog moeilik wees op die ekonomiese front, maar ons is waarlik geseën en uitgespaar. God is waarlik goed vir ons in hierdie seisoen waarin ons leef.
-
‘n Leuentjie hier en daar...
Hallo Nadia
Tussen die beurtkragsessies is daar soms ‘n kansie vir ‘n koppie koffie saam met my dogter. Die wyse jong vrou het my in alle erns gevra of ek weet van “fake accountability”? Dit is die vals verantwoordbaarheid wat mense gebruik om agter weg te kruip.
-
‘n Ruggraat of ‘n wensbeentjie

Hallo Nadia
Ek verstaan dat jou lewe vol persoonlike uitdagings is. Verhoudingsprobleme is nie eenvoudige sake met kitsoplossings nie.
Persoonlike probleme is baie meer kompleks as wat mense wil erken, omdat daar soveel op die spel is. Niemand kan net oppak en uit enige situasie loop nie, want daar is altyd groot emosies en finansiële implikasies.
Jy kan op ‘n klein bondeltjie sit en vir jouself jammer voel, terwyl jy wens dat jou lewe vanself sal verander.
-
‘n Stukkie van my hart.

‘n Stukkie van my hart.
My huis ruk op die oomblik na koffie en kaneel. Wanneer ek die kaneel ruik is daar ‘n plekkie in my hart wat onthou hoe heerlik my ouma Bessie se souskluitjies was. Sy was die enigste mens wat vir my as kleuter nagereg voor die regte kos gegee het.
Geure help ons om unieke dinge te onthou. Goeie en seer herinnering word op verskillende manier in verskillende plekke gestoor.
As helpers bêre ons stukkies van elke kliënt met wie ons werk in ons harte. Na meer as 30 jaar se berading is daar baie kosbare stukkies in my hart bewaar. Dit is daardie stukkies wat in my hart gespaar is wat my herinner om vir my kliënte te bid en om saam met hulle dankbaar te wees. Ek is so dankbaar wanneer jy moed skep en opstaan.
Ek kan al daardie stukkies in my hart bewaar, want elke iedere kliënt het op hulle beurt met ‘n stukkie van my hart weggestap. Die stukkies van ons harte wat ons so deel met mekaar help ons om te onthou om vir mekaar te bid. Die hartsgoed is ‘n ons-saak, want niemand is gemaak om alleen voort te sukkel nie.
Ons kan gewoonlik niks anders met mekaar se hartstukkies doen as om vir mekaar te bid en al die laste en sorge aan ons Hemelse Vader oor te gee nie.
Liewe Nadia, party keer is die laste wat met ons gedeel word so swaar dat ons dit nie kan oordra na God toe nie. Dit is om die tyd om dit oor te rol na Hom toe. Wanneer ek my kliënt se hartseer oorrol na die Here toe bid ek ook dat Hy vir daardie mens presies sal gee wat hulle nodig het.
Ek het geen voorskrif aan God van wat Hy moet doen of wat jy nodig het nie, want ek weet dat Hy allerwys is om vir jou in elke opsig te sorg.
God se genade vat ons verder as wat ooit kan droom.
Ek hoop jy het tyd vir ‘n koppie koffie saam met daardie vriend/in wat jou help lag. Lag soveel dat jou bekommernisse terug in perspektief val.
Geniet die dag.
Dr Barbara
Verskillende skakels.
Jy kan hier na al die Afrikaanse insetsels se potgooie luister.
Vir afspraak met Dr Barbara Louw
Inligting oor Christen Pastorale Beradingsopleiding deur Dr Barbara Louw by Kailo Training Institute.
-
’n Bietjie geur

Hallo Nadia
Terwyl ek vanoggend geskryf het aan die daaglikse brief van bemoediging het ek gedink aan die ou uitdrukking wat sê: “Aan die hand wat blomme gee, kleef ’n bietjie geur”.
Dit is so waar! Daar is ‘n paar hartstake wat elke dag eerste op my beplanningslysie verskyn. Die eerste drie prioriteite gaan oor die bemoediging en aanmoediging van ons vriende en kollegas. Of die sonskyn of dit reën, dit is ‘n hartsbesluit wat uitgevoer word.
Terwyl ek vanoggend skryf dat God ‘n mens nooit wees laat nie en dat Hy ‘n weg oopmaak waar daar gee pad is nie, het iemand vir my ‘n “deur” opgemaak. ‘n Kollega, wie ek nog nooit eers ontmoet het nie, het soveel moeite gedoen om ons opleidingsinstansie laat evalueer en by ‘n internasionale instansies aanbeveel. Dit is ‘n uitsonderlike gebaar van welwillendheid in ‘n kompeterende wêreld. In Psalm 23 sê Dawid dat net goedheid en guns sal my volg.
Ek weet dat ek kan nooit meer gee as wat ek ontvang het nie. Op die slegste tye in my lewe het ons getrou gewerk om mense te bemoedig en aan te moedig. Daar was tye wat ek gedink het ons het alles gegee en dat ek nie ‘n druppeltjie energie oor het nie, maar as die telefoon lui of iemand vir raad vra het die Here die wysheid en energie gegee.
Die rowwe deel van die blomme-idee is wanneer mense vir hulp vra en nie die hulp waardeer nie. Dit is asof jou beste gawe, die lewensblomme, vertrap word. Geen goeie daad wat jy vir iemand anders doen gaan ongesiens verby nie. Ons Hemelse Vader weet wat jy doen en wat jou hartsgesindheid is waarmee jy ander help.
Dit beteken as jy jou siek geliefde versorg of ‘n goedhartige daad vir iemand ander doen is dit soos om blomme te gee. Die geur bly op jou hande ongeag of jy ‘n dankie kry en of dit waardeer word. Doen wat jy doen met jou hele hart en die wonderlik geur van God se guns sal met jou wees.
As die dankies vir wat jy doen min en ver uitmekaar is, sê ek vandag dankie dat jy gehoorsaam en getrou is. Dankie dat jy geleenthede aangryp om menslikheid en die goedertierenheid van God te deel in ‘n gebroke wêreld. Moenie moeg word om goed te doen nie. Mag jy bewus word van die wonderlike geur van genade wat aan jou hand kleef wanneer jy blomme deel.
As jy vuisvoos voel en uitgeput raak is jy welkom om ‘n afspraak te maak sodat ek jou kan help om jou kop weer op te te. Ek is ‘n oproep ver. Jy kan self ‘n afspraak bespreek sonder enige derde party wat baie vrae vra deur na my webwerf te gaan vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.
Groete tot volgende keer.
Dr Barbara
-
“God Makes a Difference” – A Metaphor of Hope for Survivors of Sexual Trauma

“God Makes a Difference” – A Metaphor of Hope for Survivors of Sexual Trauma
Overview:
This research emerged from years of ministering to survivors of sexual trauma, recognising the deep emotional wounds and underreported nature of these violations. Many survivors suffer in silence, without access to effective therapeutic interventions that facilitate true healing.
Purpose & Approach:
The study sought to create an inclusive, culturally sensitive healing framework that would help survivors transition from victimhood to empowered individuals, embracing life beyond their trauma. Drawing upon insights from Practical Theology, Theological Ethics, Victimology, Traumatology, and Narrative Therapy, the research developed a pastoral counselling model anchored in the concept of “God Makes a Difference” as a metaphor of hope.
Through carefully guided therapy sessions, individuals were empowered to redefine their identity, integrate coping skills into daily life, and rebuild their sense of worth and purpose. The framework was tested through case studies with willing adult clients, supported by a team offering compassionate care to their significant others.
Findings & Impact:
Among the case studies, four out of five individuals demonstrated significant emotional recovery, renewed engagement in their communities, and an overall improved quality of life. One individual acknowledged continued personal struggles but reported that the original traumatic event no longer dictated their daily existence.
Conclusion & Practical Application:
This study confirms that narrative therapy within a pastoral counselling setting provides a powerful foundation for recovery. The guiding metaphor, “God Makes a Difference”, offers survivors a meaningful path toward wholeness, enabling them to reclaim their dignity, strength, and spiritual restoration in a safe and supportive environment.
Dr Louw made the findings and application available in her book and eBook – A Sensible Vision.
-
02 Maandagmoeilikheid 2020 K4
2020-10-05 Mense se woorde2020-10-12 COVID-192020-10-19 Wat is trauma?2020-10-26 Wat is 'n krisis?
2020-11-02 Normale reaksies2020-11-09 Die kameel se rug2020-11-16 Bitterheid en verbittering2020-11-23 Vandag is vandag2020-11-30 Nuwe geleenthede
2020-12-07 Trots tot jou skade2020-12-14 Seisoen van eensaamheid2020-12-21 Eensaamheid2020-12-28 Geloof kyk op
-
02 Maandagmoeilikheid 2021 K1
2021-01-04 Wees sterk2021-01-11 Deernisvermoëndheid2021-01-18 Twyfel2021-01-25 Groot genesing is nodig
2021-02-01 Chaosmakers2021-02-08 Hoop en bedrieërsindroom2021-02-15 Jou probleem2021-02-22
Maart 2021
2021-03-012021-03-082021-03-152021-03-222021-03-29
-
03 Dinsdagdinge 2020 K4
2020-10-06 Omvattende welstandsmodel2020-10-13 COVID-19 en selfdood2020-10-20 Veerkragtigheid (Recilience)2020-10-27 Kies hoe jy jou dag begin
2020-11-03 Saam kom ons hierdeur2020-11-10 Gedagtes tel2020-11-17 Die toe deur2020-11-24 Die krimpvarkie
2020-12-01 Die nuwe boek2020-12-08 Om dankie te sê2020-12-15 Jou humeur2020-12-22 Innerlike waarskuwingstelsel2020-12-29 Staan vas
-
03 Dinsdagdinge 2021 K1
2021-01-05 My siel wag op die Here2021-01-12 Gun ander voorspoed2021-01-19 Dankbaarheid i.p.v. twyfel2021-01-26 Waar eindig genesing?
2021-02-02 Die vere van skinder2021-02-09 Ek voel verneder2021-02-16 Mooi dinge2021-02-23
March 2021
2021-03-022021-03-092021-03-162021-03-232021-03-30
-
04 Woensdagwonders 2020 K4
2020-10-07 Dandelion - Perdeblom2020-10-14 Hoe eet jy?2020-10-21 Peppermint (Mentha Piperita)2020-10-28 Uie en gedagtes
2020-11-04 Gras van die veld2020-11-11 Vinkel en koljander2020-11-18 Die wonder van lig2020-11-25 Geluk en omgee
2020-12-02 Wees jou vriend2020-12-09 Praktiese omgee2020-12-16 Die gelofte en versoening2020-12-23 Kersfees en die Evangelie2020-12-30 Net op bystand
-
04 Woensdagwonders 2021 K1
2021-01-06 Gebrokenes en moedeloses2021-01-13 Elke oggend2021-01-20 Dankbaarheid en wonderwerke2021-01-27 Die kers
2021-02-03 Kruidjie roer my nie2021-02-10 Gemmergesondheid2021-02-17 Ses dae2021-02-24
March 2021
2021-03-032021-03-102021-03-172021-03-242021-03-31
-
05 Donderdagdrome 2020 K4
2020-10-01Wie is ek?2020-10-08 Waag om te droom2020-10-15 Drome in balans2020-10-22 Drome versmoor2020-10-29 Skryf dit neer
2020-11-05 God se hande2020-11-12 Warde van drome2020-11-19'n Nagmerrie2020-11-26 Nooit te eenvoudig
2020-12-03 Kinders en wonderwerke2020-12-10 God se liefde2020-12-17 Die brug wat jy brand2020-12-24 Vrygemaak om liefde te gee2020-12-31 Oujaarsdag -
05 Donderdagdrome 2021 K1
2021-01-07 Drome en roeping2021-01-14 Om te vertel2021-01-21 Drome en realiteit2021-01-28 Drome en geloof{mp3}/2021-01/2021-01-28-Hartswysheid-en-kopkennis-Drome en geloof{/mp3
2021-02-04 Vandag is jou geskenk2021-02-11 Drome en boksies2021-02-18 'n Goeie plan2021-02-25
March 2021
2021-03-042021-03-112021-03-182021-03-25 -
06 Vrydagvrede 2020 K4
2020-10-02 Sonder Woorde2020-10-09 Vrede te midde van Trauma2020-10-16 Niks is verniet nie2020-10-23 Vrede en fokus2020-10-30 Haal diep asem
2020-11-06 'n Plek van rus2020-11-13 'n Dankie2020-11-20Woede steel my vrede2020-11-27 Luister met jou hart
2020-12-04 Vreugde2020-12-11 Vrede2020-12-18Onthou jy die posman?2020-12-25 'n Christusfees
-
06 Vrydagvrede 2021 K1
2021-01-01 Nuwejaarsdag 20212021-01-08 Leer om te lewe2021-01-15 Geen beter verlede2021-01-22 Geseënd is die vredemakers2021-01-29 Liefde en vrede
2021-02-05 Doen goed en bring vrede2021-02-12 Wat vernietig vrede?2021-02-19 Vrede en vriende2021-02-26
March 2021
2021-03-052021-03-122021-03-192021-03-26
-
07 Saterdagskatte 2020 K4
2020-10-03 Wonderwerke2020-10-10 God is ons toevlug2020-10-17 Om mens te wess2020-10-24 Jou naam is jou skat2020-10-31 Komplimente en pluimpies
2020-11-07 Vriende2020-11-14 My emosionele skatte2020-11-21Reik uit in vrede2020-11-28 Liefde en vriendskap
2020-12-05 Tyd om te skyn2020-12-12 Kosbaar en waardevol2020-12-19 Vriendskap is 'n kosbare skat2020-12-26
-
07 Saterdagskatte 2021 K1
2021-01-02 Die arend2021-01-09 Vriende en wysheid2021-01-16 Jou hart is jou skat2021-01-23 God se gedagtes oor my2021-01-30 Liefde, leer en lag
2021-02-06 Skat van 'n nuwe dag2021-02-13 'n Verhouding met God2021-02-20 Vriende glo saam2021-02-27
March 2021
2021-03-062021-03-132021-03-202021-03-27
-
A Gentle Companion for Your Healing Season - Free Workbook
Finding Wholeness in the Garden: A Gentle Companion for Your Healing Season
For those of us navigating the tumultuous terrain of medical trauma, chronic illness, or an unexpected diagnosis, life can often feel like a garden overturned. The ground feels unsteady, the petals are torn, and our very roots are exposed to the elements. In these moments of profound vulnerability, the traditional expectation to "bloom" can feel like an insurmountable pressure. But what if healing didn't demand an immediate burst of colour? What if it simply asked us to stay rooted in grace, to tend to our inner garden with patience and compassion?
This is the very heart of the In My Rose Garden workbook, a gentle companion designed for those who need a sacred space to breathe, reflect, and feel gently held. As your breakthrough champion, my purpose is to demystify trauma and crisis, offering a tangible resource to support you between our counselling sessions. This is not medical advice, but rather a space for emotional companionship, where you are welcomed exactly as you are, without the pressure to be okay.
Through reflective prompts and the nurturing metaphor of a garden, this workbook guides you to explore profound concepts of wholistic healing. You’ll be invited to consider what it means to find "New Shoots in Hard Soil," noticing the inner shifts that are taking place despite your pain. The prompts also encourage you to honour your body's cycles of exhaustion and renewal by "Resting Between Seasons”, and to release beliefs or habits that no longer serve you through "Gentle Pruning".
This resource is a lifeline for anyone walking through treatments, rehabilitation, or the invisible weight of chronic illness. It offers a space to sit with unspoken fears, to acknowledge the quiet effort you are carrying, and to permit yourself to rest without guilt. By journaling through prompts like "Moments of Quiet Growth" and "Seeds of Meaning," you can begin to reclaim your narrative and discover the quiet resilience and beauty that are taking root within you. The goal is not a hurried recovery but a journey towards a deep sense of wholeness, where you can navigate uncertainty with steadiness and find spiritual peace amidst medical overwhelm.
Ultimately,
In My Rose Garden Workbook is a testament to the belief that your narrative belongs to you, not to a diagnosis, your past, or your pain. It is an authoritative guide that empowers you to reclaim your authorship, helping you to see that even amid a storm, something extraordinary is being shaped. We will not rush your bloom; we will simply stay with you, seed by seed, season by season.
Page 1 of 6


