Afrikaanse Dienste
Dr Barbara Louw is 'n tweetalige berader wat spesialiseer in trauma- en pastorale berading. In die afdeling sal u antwoorde vind op vrae oor die beradingsdienste en -pakkette wat in Afrikaans beskikbaar is.
Berading in jou moedertaal, huistaal en hartstaal.
Om jouself te verbind tot berading is 'n belangrike besluit. In hierdie afdeling vind jy antwoorde op algemene beradingsvrae wat ons van kliënte soos jy ontvang het. Kontak ons gerus as jy spesifieke antwoorde soek oor jou reis na welstand en heelheid met Dr. Barbara Louw.
Baie kliënte verkies 'n gestruktureerde, persoonlike en individuele benadering tot berading. Hulle wil weet wat hul genesingsreis behels, hoe lank 'n stel sessies sal neem en wat die finansiële belegging sal wees. Hul versoeke lei tot die My Dearbraakreeks: 'n Gestruktureerde, stap-vir-stap padkaart ontwerp vir diegene wat gereed is om 'n diepgaande genesingsreis aan te pak. Daar is drie reekse in Afrikaans. Elke sessie in 'n reeks bou voort op die laaste en neem jou van deurbraak na herstel na wysheid.
