Afrikaanse Berading
Berading in jou moedertaal, huistaal en hartstaal.
Om jouself te verbind tot berading is 'n belangrike besluit. In hierdie afdeling vind jy antwoorde op algemene beradingsvrae wat ons van kliënte soos jy ontvang het. Kontak ons gerus as jy spesifieke antwoorde soek oor jou reis na welstand en heelheid met Dr. Barbara Louw.
Wanneer jy na ‘n goeie berader soek kyk jy waarskynlik net verder as kwalifikasie, want jy soek na ‘n persoon wat jou met respek en waardigheid gaan laat veilig voel.
Dr Barbara Louw skep vir jou ‘n veilige plek om jou storie te deel en sy neem jou belewenisse ernstig op, sonder om jou te veroordeel of aan te jaag. Om jou storie in Afrikaans te vertel is kosbaar want dit is jou huistaal en kosbare hartstaal.
Jy is veerkragtig en sal met deernis begelei word na groter heelheid toe. Sy etiketteer jou nie in biomediese terme nie, maar werk saam met jou om vinnige, blywende deurbrake te bewerkstellig. Haar trauma-sensitiewe benadering persoonlik en vertroulik, omdat sy die ingewikkeldheid van die lewe eerstehands verstaan.
Wanneer jy ‘n aanlynafspraak of ‘n persoonlike afspraak in Pretoria maak gebruik jy die veilige en vertroulike aanlynbesprekingstelsel. Hier word by stap vir stap deur die maklike proses gelei.
As jy lank genoeg vas gebyt het en gereed is om ‘n plan te maak om jou seer gevoelens agter te laat, maak vandag ‘n afspraak met Dr Barbara Louw.
