Hello Nadia Webjoernaal

- Details

Hallo Nadia
Dit is dou voor dag en ek hoor die mooiste voël geluide. Die afgelope tyd was baie bedrywig en die enigste manier om my verslae op datum te kry is om baie vroeg op te staan. Vir my is verslag skryf regtig werk, maar dit is tog ʼn goeie manier om nabetragting te doen.
- Details

Hallo Nadia
In ons omgewing is daar die tyd van die jaar ruspes wat ons sommer brandwurms noem. Hulle word gewoonlik verdra as hulle aan die tuinplante kraag, want binnekort verander hulle in papies wat in pragtige vlinders sal ontpop. As daardie goed op ʼn mense se vel kom, is dit ʼn ander storie.
- Details

'Hallo Nadia' is ‘n Afrikaanse webjoernaal deur Dr Barbara Louw.
Die pragtig naam Nadia beteken ‘hoop’. Die weeklikse webjoernaal is vir die mens wat nooit as te nimmer as 'n slagoffer beskryf wil word nie, maar wie vashou aan hoop in die uitdagendste omstandighede.
Die boek 'Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende' omskryf die lewensuitkyk wat die basis van die kort webjoernaalartikels vorm.
'Hallo Nadia' word geskryf vanuit 'n praktiese Christenperspektief. Dr Barbara is 'n veelsydige en kreatiewe 'deurbraak'-vennoot wat mense help om op 'n nuwe manier na die lewe te kyk. As ewige student, predikant, berader, lewensafrigter, outeur en kunstenaar gaan sy jou verras met die wyses waarop sy die misterie uit trauma, krisisse en heelwording haal.
Vir daaglikse bemoediging kan jy ook inskryf vir 'Vriende van Inter Trauma Nexus".
- Details

Hallo Nadia
Mense sê wonderlike goed oor die begin van ʼn dag, soos dat die môrestond goud in die mond het. Natuurlik is dit voordelig om vroeg op te staan, veral wanneer jy ʼn goeie na se rus agter die rug het.
My sirkadiese ritme is egter van so ’n aard dat ek nie ’n oggendmens is nie.
Subcategories
Blog Archive Article Count: 1
Archive for Hallo Nadia