‘n Stukkie van my hart.
My huis ruk op die oomblik na koffie en kaneel. Wanneer ek die kaneel ruik is daar ‘n plekkie in my hart wat onthou hoe heerlik my ouma Bessie se souskluitjies was. Sy was die enigste mens wat vir my as kleuter nagereg voor die regte kos gegee het.
Geure help ons om unieke dinge te onthou. Goeie en seer herinnering word op verskillende manier in verskillende plekke gestoor.
As helpers bêre ons stukkies van elke kliënt met wie ons werk in ons harte. Na meer as 30 jaar se berading is daar baie kosbare stukkies in my hart bewaar. Dit is daardie stukkies wat in my hart gespaar is wat my herinner om vir my kliënte te bid en om saam met hulle dankbaar te wees. Ek is so dankbaar wanneer jy moed skep en opstaan.
Ek kan al daardie stukkies in my hart bewaar, want elke iedere kliënt het op hulle beurt met ‘n stukkie van my hart weggestap. Die stukkies van ons harte wat ons so deel met mekaar help ons om te onthou om vir mekaar te bid. Die hartsgoed is ‘n ons-saak, want niemand is gemaak om alleen voort te sukkel nie.
Ons kan gewoonlik niks anders met mekaar se hartstukkies doen as om vir mekaar te bid en al die laste en sorge aan ons Hemelse Vader oor te gee nie.
Liewe Nadia, party keer is die laste wat met ons gedeel word so swaar dat ons dit nie kan oordra na God toe nie. Dit is om die tyd om dit oor te rol na Hom toe. Wanneer ek my kliënt se hartseer oorrol na die Here toe bid ek ook dat Hy vir daardie mens presies sal gee wat hulle nodig het.
Ek het geen voorskrif aan God van wat Hy moet doen of wat jy nodig het nie, want ek weet dat Hy allerwys is om vir jou in elke opsig te sorg.
God se genade vat ons verder as wat ooit kan droom.
Ek hoop jy het tyd vir ‘n koppie koffie saam met daardie vriend/in wat jou help lag. Lag soveel dat jou bekommernisse terug in perspektief val.
Geniet die dag.
Dr Barbara
Verskillende skakels.
Jy kan hier na al die Afrikaanse insetsels se potgooie luister.
Vir afspraak met Dr Barbara Louw
Inligting oor Christen Pastorale Beradingsopleiding deur Dr Barbara Louw by Kailo Training Institute.