Natuurlik lyk jy nie soos ‘n springhaas nie, maar ek wonder of jy soms jou ore te veel uitleen. Nee, ek bedoel nie noodwendig dat jy na skinderstories luister nie. Luister jy na mense se ongevraagde en onwelkome menings en kry jy dan jou ore en jou hart in ‘n gehawende toestand terug?

Jou naam beteken hoop en elke keer as iemand jou naam noem spreek hulle hoop oor jou uit. Daar is egter mense wat meer menings as wysheid het.

Hulle is nie skaam om daardie menings uit te blaker en die hoop in jou hart plat te trap nie. Die standaard verskoning wat saam met ongevraagde kritiek en snipperigheid gaan is “ek het nie bedoel om jou seer te maak nie” of “jy is te fyngevoelig”.

Kritiek maak altyd seer. Hierdie ongevraagde menigsverklarings gaan oor jou lyf, jou haarkleur, jou huwelikstatus of sommer oor hoe jy dinge doen of wat jy nalaat. Te kort hier en te lank daar. Aan die einde van die gesprek of geskimp van so ‘n onwyse “adviseur” of welmenende “vriendin” voel jy seergemaak, hopeloos en broos.

Liewe Nadia, pas jou ore en jou hart op. Moet dit nie uitleen vir mense wat jou afknou en afkraak nie. ‘n Kwestende aanmerking wat met ‘n suikersoetglimlag gemaak word maak seer en bly ‘n wond in jou gemoed.

Die wyse Salomo het ons gemaan: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Spr. 4:23 AFR53). In ‘n meer onlangse vertaling staan: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe” (Spr. 4:23 AFR83).

Jy is kosbaar! Jy het reeds soveel oorwin. Hou vas aan jou Godgegewe geloof en hoop. Omring jou met mense wat jou respekteer en aanmoedig.

As jy sukkel om balans te vind in jou leefwêreld, omdat mense te veel inspraak in jou lewe het, kan ek jou help. Ek is beskikbaar vir aanlyn- en in-persoon-afsprake. Jy gaan eenvoudig aanlyn en die hele proses is ongekompliseerd en vertroulik. Geen derde persoon wat moeilike vrae vra nie.

Groete tot volgende keer.

Dr Barbara

 

 

Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.