Dit is belangrik dat jy die beste beskikbare professionele persoon vind wat jou met jou spesifieke probleem of versameling probleme of trauma kan het. Realisties gesproke kan niemand weet alles of kan alles fasiliteer nie.
Indien jy verwys was of dink jy het ‘n professionele persoon gevind met wie jy kan saamwerk, hoef jy nie al die vrae te vra nie, maar maak tog seker dat jy die vrae wat vir jou belangrik is vra.
Vrae wat jy kan vra voordat jy ‘n lewensafrigter, fasiliteerder of berader se dienste kontrakteer:
- Waar is jy geleë?
- Wat is jou fooie?
- Wat is jou betalingsbeleid of watter betalingsmetodes gebruik jy?
- Sal ek elke keer dieselfde berader/fasiliteerder sien?
- Sal ek lank in jou spreekkamer moet wag of jy redelik stiptelik?
- Sal dit moontlik wees om weeklikse, twee-weeklikse of maandelikse sessies te bespreek?
- By watter professionele liggame is jy geregistreer?
- Hoe lank is jy in die praktyk?
- Werk jy met kliënte met ......................(jou probleem)?
- In watter dissipline/s spesialiseer jy?
- Indien jy ‘n professionele persoon is, is dit belangrik om vas te stel of dienste via elektroniese media (eBerading, eAvies of Skype) gebied kan word wanneer jy uitstedig is.
- Wat is die koste van elektroniese dienste?
Dit mag die eerste keer wees wat jy ‘n spesifieke probleem konfronteer. Jy kan tyd neem om die regte persoon te vind om jou te help of begelei. Dit moet iemand wees by wie jy veilig en gemaklik genoeg voel om die moeilikste oomblikke in jou lewe te deel. Goeie aanklank en begrip sal jou veilig genoeg laat voel om hierdie belegging in jou lewe te maak.
Gee aandag aan die wyse waarop die professionele persoon die vrae beantwoord of hak jy net by die ontvangsdame vas. Ons beskou die aanvanklike telefoniese gesprek as deel van die diens wat ons lewer. Net soos jy besluit of dit die regte persoon is om jou te begelei, is dit nodig om te besluit of ons jou met jou spesifieke probleem kan help. Soms is dit nodig om ‘n kliënt na ‘n ander berader te verwys, wat spesialiseer in ‘n spesifieke veld.