6 Januarie

Hallo Nadia

Die nuwe jaar het sommer op ʼn drafstap begin. Daar is beslis nie tyd om met heimwee terug te kyk na die vorige jaar nie.

Dit gaan blykbaar baie rof en bewolk aan jou kant. Al kan ons nie vanoggend saam koffie drink nie, wil ek graag my hartsgedagtes met jou deel.

Verlede jaar was so ʼn harde jaar en soms het ek nie altyd geweet wat om te bid nie. Om nie te weet wat om te bid nie, ook nie eers ʼn nuwe probleem is nie.

So om en by 56 nC het Paulus aan die Romeine geskryf; “ ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie in woorde gesê word nie. En God, wat hart deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.” (Rom. 8:26, 27)

Om te dink dat die Heilige Gees self vir ons instaan by ons Hemelse Vader! Ek glo dat daar hoop, genade en seëning vir ons opgesluit lê in hierdie jaar. As dit rof gaan en slegte dinge gebeur is ons gelukkig ook nie sonder hoop nie, want dit sal nie die einde van die storie wees nie. Net in die volgende vers sien ek dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom lief het, dié wat volgens sy besluit geroep is.

In alle eerlikheid, ek het beslis nog nie gearriveer’ by die punt dat ek nooit bekommer of besorg is nie. Die jaar sal ek nog steeds moet verander en ek sal dit nie alleen kan reg kry nie, want soms is my sin van verantwoordelikheid totaal buite proporsie. Ek sal God vertrou om my te verander deur my denke te verander en dan sal ek kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed, aanneemlik en volmaak is. (Rom. 12:2)

Vriendin, mag jou jaar gevul wees met hoop en genesing. Ek bid dat die briefie vir jou ʼn bemoediging sal wees.

Liefde in Christus.

Barbara

Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.