Hallo Nadia

Soms droom ʼn mens van ʼn lewe vry van die malle gejaag van die stadslewe en verpligtinge wat geen einde het nie.

As jy dan die geleentheid het om vir ʼn oomblik stil te sit, al is dit by die rooi verkeerslig, besef jy dat jy nie eers weet hoe die sogenaamde verpligting op jou skouers beland het nie.

Op daardie oomblik besef jy dat jy alewig instem om goed te doen, sonder om eers na te dink oor die implikasies daarvan.

Soos om in te stem on na jou vriendin se kleinniggie se aangetroude skoonsuster se vriendin se ooievaarstee toe te gaan. Wanneer jy dan by daardie oordadige teepartytjie sit dink jy in jou binneste: Wat maak ek hier?

Jong, almal van ons was al in sulke situasies, omdat dit vir gewone mense belangrik is om aanvaar te word en te weet ander hou jou. Die probleem is gewoonlik dat ons nie “nee” wil sê en iemand aanstoot gee nie.

Hierdie beleefdheid maak egter so ʼn ongemaklikheid in jou eie binneste dat jy sommer in disharmonie met jouself is. Daardie disharmonie vergroot sommer as jy later hoor dat jou vriendin ook nie daar wou wees nie, maar eerder saam met jou ʼn koppie koffie op die stoep sou geniet.

Dit is ʼn baie eenvoudige voorbeeld van hoe ons daaglik teen ons sin, en soms teen ons beter wete, instem vir dinge waarvoor on liefs “nee” wil sê.

Sommige mense stem vir enigiets en alles in, omdat hulle nie weet hoe om te weier nie. Ek het gevind dat ʼn mens ver kom met goeie maniere, soos om te sê “nee dankie, nie die keer nie” of “nee dankie, maar kan ons op ʼn ander keer ..... saam doen?” Ja, jy het reg gelees, jy hoef nie een of ander verskoning uit te dink of ʼn leuen te vertel nie.

Miskien stuur hierdie idee skokgolwe deur jou sisteem, maar dit is baie bevrydend om te weet ek hoef nie ooral te wees of allerhande verskonings uit te dink nie. Dit is heerlik om te weet dat die mense saam met wie ʼn mens tyd spandeer, regtig daar wil wees.

Nadia, ek hoop jy geniet ʼn week waar jy die vryheid van jou keuses kan geniet, sodat jy kan heel word.

Jy is welkom om ʼn afspraak te maak as jy sukkel om trauma agter die rug te kry of as jy hulp nodig het om heel te word.

Bespreek vandag aanlyn of in-persoon afspraak.

Die aanlynafspraakopsie is 'n wonderlike opsie wanneer jou omstandighede dit moeilik maak om uit die huis of kantoor te kom tydens die COVID-19 inperkinge. Jy hoef nie te sukkel in die verkeer of om met 'n kinderoppasser nie.

Ek hoop die kort boodskap laat jy moet 'n binne-glimlag, want die son sal weer skyn.

Groete

Dr Barbara

Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.