Hallo Nadia

Ons leef in ‘n vreemde tyd waar almal stoei met ekonimiese en gesondheidsvraagstukke. Een van die maniere wat mense gebruik om hul leefwêreld “normaal” en voorspelbaar te maak is om ‘n etiket om al wat leef en beef te hang. Dit is ‘n kortpad manier van dink wat gebruik word om mense se lewens en belewenisse te probeer orden. Alles van voorkeur klere en persoonlikhede tot kommunikasiestyle te klassifiseer en in “boksies” geforseer.

Ai, as ons tog net na mekaar wil luister en die stemme van mekaar se harte wil hoor. Hartsboodskappe het ook geen prysetiket nie,

want geen bedrag geld kan betaal vir ‘n innige “dankie” of “Ek is lief vir jou” nie. Sommige dinge in die lewe het waarde omdat dit bruikbaar of nuttige is, maar die waarde van ‘n objek hang eintlik af van waarmee jy dit vergelyk.

In die jaar het ek opnuut geleer dat ‘n mens se waarde hang nie af van ander se opinies nie. Verlies leer ons wat die waarde van verhoudings is. Baie keer besef ons eers wat die ware waarde van ons verhoudings is wanneer daar net herinnering oorbly. Dit is waarlik net ‘n dwaas wat die prys van alles ken en niks na waarde ag nie.

Jy is kosbaar! Jy het waarde gehad voordat ander mense opinies gehad het. Dink net hoe kosbaar is jy in God se oë en in Sy raadsplan. Kom ek herinner jou aan die prys wat Hy vir elkeen van ons betaal het. “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Joh. 3:16).

Hou vas aan jou Godgegewe waarde en hoop.

My kantoor is oop gedurende die feestyd vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.

Groete tot volgende keer.

Dr Barbara

 

Vorige Hallo Nadia Webjoernaalinsetsels.

 

Kersfeesaanbiedinge

Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.