Hallo Nadia
As die lewe se storms aankom het jy geloof, hoop en gesonde verstand nodig.
As ‘n pastorale berader help ek mense om deur die nagevolge van lewenstorms te werk. Gelukkige ontwikkel nie alle mense wat deur trauma gaan posttraumatiese spanningsversteuring of PTSD nie. Genadiglik is mense meer veerkragtig as wat ons hulle voor krediet gee.
Ons veerkragtigheid word soms beproef as die lewenstorms van verskillende kante af op ons neerreën.
Vandag wil ek net sê: Stop die storm. Stop die storm in jou lewe.
Daar is baie dinge wat ons anders kan doen as om elke storm toe te laat om ons voete onder ons uit te spoel.
As daar ‘n regte storm in die natuur aangerol kom tref ons voorsorg om die potensiële skade te beperk. Jy sorg dat jou troeteldiere skuiling het en dat jou voertuig onder dak is. In jou huis maak jy die vensters en deure toe.
Helpers het nodig om soortgelyke voorsorgmaatreëls te tref, anders gaan elke moontlike storm jou in die gesig slaan.
Kom ek noem ‘n lys van waarhede wat ek in my praktyk toepas:
- Elke krisis is nie my trauma nie, net soos wat elke storm nie hael en oorstroming bring nie.
- Baie krisisse kan voorkom of bestuur word, soos om skade te beperk deur die venster toe te maak wanneer die storm op pad is.
- Mense is kreatief en in staat om hul probleme te hanteer. Soms het hulle ‘n bietjie hulp en advies nodig.
- In ‘n storm help dit niks om jou humeur te verloor nie. Waar gaan jy jou humeur in ‘n storm begin soek?
- Die laaste en belangrikste ding van ‘n storm is dat dit kom en dit gaan. Môre sal die son weer skyn.
Ek stuur elke dag ‘n gratis nuusbrief wat ek Vriende van Inter Trauma Nexus noem. Dit is beskikbaar op www.itn.org.za
As die lewenstorms woedend om ons slaan is God ons anker (Matteus 14: 30-33) en ek en jy kan mekaar se hande vashou.
Ons kyk anders na die lewe deur die trane van hartseer en ook trane van lag. Stop die storm in jou lewe deur te onthou om te lewe – waarlik te LEWE!
Hierdie insetsel is saam met Jacques H Botes uitgesaai op Pretoria FM. Die potgooi.
Ek is ‘n oproep ver. Jy kan self ‘n afspraak bespreek sonder enige derde party wat baie vrae vra deur na my webwerf te gaan vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.
Groete tot volgende keer.
Dr Barbara