'Hallo Nadia' is ‘n Afrikaanse webjoernaal deur Dr Barbara Louw.
Die pragtig naam Nadia beteken ‘hoop’. Die weeklikse webjoernaal is vir die mens wat nooit as te nimmer as 'n slagoffer beskryf wil word nie, maar wie vashou aan hoop in die uitdagendste omstandighede.
Die boek 'Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende' omskryf die lewensuitkyk wat die basis van die kort webjoernaalartikels vorm.
'Hallo Nadia' word geskryf vanuit 'n praktiese Christenperspektief. Dr Barbara is 'n veelsydige en kreatiewe 'deurbraak'-vennoot wat mense help om op 'n nuwe manier na die lewe te kyk. As ewige student, predikant, berader, lewensafrigter, outeur en kunstenaar gaan sy jou verras met die wyses waarop sy die misterie uit trauma, krisisse en heelwording haal.
Vir daaglikse bemoediging kan jy ook inskryf vir 'Vriende van Inter Trauma Nexus".