Hallo Nadia

Vandag is een van daardie warboel dae in my kantoor. Goeie geleenthede, slegte nuus, trane, blydskap en hartseer deurmekaar. Gelukkig kan ek ‘n blaaskans vat en vir jou skryf.

Te midde van my passie om mense te help om trauma agter die rug te kry, weet ek dat ek geseënd is om baie ander rolle te vervul. Ek is ʼn vrou, ʼn mamma, ʼn professionale berader en supervisor, ʼn krimpvarkie se bron van voedsel en ʼn papegaai se waterdraer. Al die verskillende rolle is wat my help om balans te hou en ʼn groter prentjie te sien.

Snuffels, die krimpvarkie, was ʼn Moedersdaggeskenk. Hy slaap natuurlik heeldag en as dit skemer word kom hy uit om kos te kry. Hy loop reguit na die deur van sy hok, sonder om draaie te loop. Hy weet sy kos sal reg wees. Dieselfde met Elmie, die papegaai. Dit maak nie saak of sy haar water uitgespat het of appels verdrink het nie, sy sal weer water kry. Die twee lede van ons huishouding hoef oor niks te bekommer nie.

Gelukkig hoef ek en jy ook nie te bekommer nie, want ons het die Here as ons Herder. Ons Herder sal sorg dat ons niks kort nie. Hy laat my in sy voorsiening rus en lawe my waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag en lei my op die regte paai tot eer van sy Naam. Gaan lees Psalm 23 weer ʼn slag.

Ek bid dat jy sal onthou dat jy nie hoef te vrees nie, al gaan jy deur donker diepte, want Hy is met jou. In Sy hande is jy veilig!

Liefde in Christus.

Dr. Barbara

Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.