Hallo Nadia
Dit is dou voor dag en ek hoor die mooiste voël geluide. Die afgelope tyd was baie bedrywig en die enigste manier om my verslae op datum te kry is om baie vroeg op te staan. Vir my is verslag skryf regtig werk, maar dit is tog ʼn goeie manier om nabetragting te doen.
Soms lyk situasies so deurmekaar en dit is vir my ʼn groot troos om te weet dat God alles weet. Hy weet alles en as ons Vader bepaal Hy ons lewensrigting. “Die Here bepaal ʼn mens se koers; hoe sal ʼn mens weet waarheen hy sal gaan” (Spr 20: 24).
Ons as mense is soms baie onwys en karring in rigting waar ons seerkry of ons is dwars en maak foute. Deur dit alles ken God ons deur en deur. “Die Here gee aan die mens die lewe. Die Here sien deur die hele mens” (Spr 20:27).
Niks wat jy doen is vir Hom ʼn verrassing nie. Ten spyte van ons menslikheid, foute en probleme het Hy jou lief.
Mag jou dag gevul wees met Sy liefde, guns en genade.
Groete
Dr. Barbara