Hallo Nadia

In ons omgewing is daar die tyd van die jaar ruspes wat ons sommer brandwurms noem. Hulle word gewoonlik verdra as hulle aan die tuinplante kraag, want binnekort verander hulle in papies wat in pragtige vlinders sal ontpop. As daardie goed op ʼn mense se vel kom, is dit ʼn ander storie.

Hulle stekelrige hare veroorsaak ʼn gejuk en ʼn gebrand en uitslag wat vir dae kan aanhou.

Jong, so is dit met die lewe ook. Daar gebeur soms traumatiese seer goed met ʼn mens, sonder dat jy daarvoor gesoek het. As die hartseer in die lewe brand en krap, voel dit soos die einde van die wêreld. Dit is die soort seer wat ʼn mens herinner dat jy lewe.

Paulus skryf aan die Korintiërs: “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons". (2 Kor. 1:3)

Ek bid dat jy deurentyd bewus sal wees van God se ontferming en dat Hy jou moed gee, ten spyte van die brandwurms in jou lewe.

Mag jou dag gevul wees met Sy liefde, guns en genade.

Groete

Dr Barbara

Our Cookie Notification
Our Cookie Notification

We use cookies on our website. Some are essential for the site's operation, while others help us improve the site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the site's functionalities.