Hello Nadia Webjoernaal

- Details
Hallo Nadia
In ons omgewing is daar die tyd van die jaar ruspes wat ons sommer brandwurms noem. Hulle word gewoonlik verdra as hulle aan die tuinplante kraag, want binnekort verander hulle in papies wat in pragtige vlinders sal ontpop. As daardie goed op ʼn mense se vel kom, is dit ʼn ander storie.
- Details
'Hallo Nadia' is ‘n Afrikaanse webjoernaal deur Dr Barbara Louw.
Die pragtig naam Nadia beteken ‘hoop’. Die weeklikse webjoernaal is vir die mens wat nooit as te nimmer as 'n slagoffer beskryf wil word nie, maar wie vashou aan hoop in die uitdagendste omstandighede.
Die boek 'Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende' omskryf die lewensuitkyk wat die basis van die kort webjoernaalartikels vorm.
'Hallo Nadia' word geskryf vanuit 'n praktiese Christenperspektief. Dr Barbara is 'n veelsydige en kreatiewe 'deurbraak'-vennoot wat mense help om op 'n nuwe manier na die lewe te kyk. As ewige student, predikant, berader, lewensafrigter, outeur en kunstenaar gaan sy jou verras met die wyses waarop sy die misterie uit trauma, krisisse en heelwording haal.
Vir daaglikse bemoediging kan jy ook inskryf vir 'Vriende van Inter Trauma Nexus".
- Details
Hallo Nadia
Mense sê wonderlike goed oor die begin van ʼn dag, soos dat die môrestond goud in die mond het. Natuurlik is dit voordelig om vroeg op te staan, veral wanneer jy ʼn goeie na se rus agter die rug het.
My sirkadiese ritme is egter van so ’n aard dat ek nie ’n oggendmens is nie.
- Details
Hallo Nadia
Wat ʼn voorreg om vir jou hierdie briefie te kan skryf. Elke keer as ek aan jou dink, onthou ek dat jou naam hoop beteken. Hoop is een van die dinge in die lewe waaraan ek met albei hande vashou.
As dit rof gaan in ʼn mens se eie lewe is daar baie onrusbarende dinge wat ʼn mens raaksien. Dit is geen troos om die koerant op te tel of nuus te luister nie. Moord, politieke korrupsie, woordgevegte en stygende pryse dra nie by tot my siel se saligheid nie.
Subcategories
Blog Archive Article Count: 1
Archive for Hallo Nadia