Hoop
-
‘n Bietjie liefde vir die kruidjie-roer-my-nie
‘n Bietjie liefde vir die kruidjie-roer-my-nie
In ons hedendaagse samelewing is baie mense so bevrees vir hul toekoms dat hul lewenslus en hoop al kleiner raak. In die werkplek en by die huis kan niemand dink dat hulle nie in totale beheer van alles kan wees nie.
Dit is presies die teenoorgesteldeén dieselfde as om in ‘n oorlewingswaan te wees. Almal word op ‘n afstand gehou met ‘n beleefde, neutrale: “Dit gaan goed, dankie”. Indien iemand hulp aanbied of meer geneentheid van jou verwag klap jy toe soos die kruidjie-roer-my-nie.
'n Kruidjie-roer-my-nie is 'n plant wat by aanraking sy blare vinnig kan toevou. Die Kaapse-kruidjie-roer-my-nie (Melianthus Comosus) is inheems aan Suid-Afrika. Dit is 'n struik wat vinnig groei en wat aromatiese blare het. Die klokvormige blomme is helderrooi met swart kolle aan die hals. Die pragtige plante trek voëls soos suikerbekkies aan. Gewoonlik is die blare snags opgevou en oordag uitgesprei, maar by aanraking kan die plant skielik sy blare toevou.
Nadia, my uitdaging vir jou in 2022 is om dit te waag om ‘n bietjie meer liefde, ondersteuning en vriendskap in jou lewe toe te laat. Laat toe dat die mense om jou kan sien watter pragtige mens jy is. Jy is lief vir ons Hemelse Vader, maar daar is ‘n groot vrees wat veroorsaak dat jy soos ‘n kruidjie-roer-my nie toeslaan as iemand naby jou kom.
Ja, mense kan seer maak en jou teleur stel, maar God se genade is elke oggend nuut, die son sal wel weer skyn en daar is liefdevolle, omgee-mense om jou. Die meeste mense ken nie die wonderlike mense in hul eie lewens nie, want hulle is te besig. Besig om ander vanselfsprekend te aanvaar en ons harte is toegepanser.
As die seer van trauma die lens geword het waardeur jy na die wêreld kyk is dit tyd om die lense skoon te maak of ‘n ander bril te kry. Jy is baie sterker as wat jy vandag voel. Jou gewilligheid om te probeer om mense toe te laat om jou te leer ken en lief te hê sal maak dat jy verander. Jy sal elke keer ‘n bietjie dapperder en wyser wees.
Waar begin ‘n mens? Begin by eenvoudige dinge. Deel wat vir jou mooi is en luister na wat vir ander pragtig is. Dit kan ‘n kleur, ‘n blom, musiek of ‘n dankie wees.
Waag om ‘n bietjie meer liefde en vriendskap in jou lewe toe te laat en onthou 1 Johannes 4:18-19. “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, enwie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het”.
As die uitdaging te moeilik is of die vrees het in jou hart vasgegroei kan ek help. Ek is ‘n oproep ver. Jy kan self ‘n afspraak bespreek sonder enige derde party wat baie vrae vra deur na my webwerf te gaan vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.
Ek sien uit daarna om van jou te hoor.
Groete tot volgende keer.
Dr Barbara
-
‘n Bietjie ligter
Hallo Nadia
Elkeen het nodig om ‘n bietjie ligter te raak aan die einde van die jaar. In die jaar het ieder en elk swaar laste opgetel en hartseer, saam met teleurstelling, in die oë moes kyk. Die gebeure, drama en krisisse rondom COVID-19 was egter net ‘n seisoen in ons lewens. ‘n Lang seisoen waarvan die einde nog nie in sig is nie.
Ek het baie hoop vir die komende jaar. Dalk gaan dinge nog moeilik wees op die ekonomiese front, maar ons is waarlik geseën en uitgespaar. God is waarlik goed vir ons in hierdie seisoen waarin ons leef.
-
‘n Leuentjie hier en daar...
Hallo Nadia
Tussen die beurtkragsessies is daar soms ‘n kansie vir ‘n koppie koffie saam met my dogter. Die wyse jong vrou het my in alle erns gevra of ek weet van “fake accountability”? Dit is die vals verantwoordbaarheid wat mense gebruik om agter weg te kruip.
-
‘n Ruggraat of ‘n wensbeentjie
Hallo Nadia
Ek verstaan dat jou lewe vol persoonlike uitdagings is. Verhoudingsprobleme is nie eenvoudige sake met kitsoplossings nie.
Persoonlike probleme is baie meer kompleks as wat mense wil erken, omdat daar soveel op die spel is. Niemand kan net oppak en uit enige situasie loop nie, want daar is altyd groot emosies en finansiële implikasies.
Jy kan op ‘n klein bondeltjie sit en vir jouself jammer voel, terwyl jy wens dat jou lewe vanself sal verander.
-
Alles vir Almal
Alles vir almal.
Ek is ‘n toegewyde ma, jarelange student, aktiewe gemeenskapslid en so meer. Ek het vir baie lank probeer om by meer dinge uit te kom as wat ek op twee hande kan opnoem. Dan was daar ook die ekstras. Krisisberading en trauma ontlonting wat eenvoudig moes gebeur anders word die bediening afgeskeep.
Sommige aande het ek teruggedink oor my dag en gewonder waar is die dag heen. Dit het gevoel asof die idee om alles vir almal te probeer wees dieselfde is as niks vir enige iemand. Ek weet nie of die stelling waar is nie, maar my energie was so uitgeput dat my sin van betekenisvolle werk en liefdevolle verhouding verdof het.
-
As jy jou ore uitleen
Natuurlik lyk jy nie soos ‘n springhaas nie, maar ek wonder of jy soms jou ore te veel uitleen. Nee, ek bedoel nie noodwendig dat jy na skinderstories luister nie. Luister jy na mense se ongevraagde en onwelkome menings en kry jy dan jou ore en jou hart in ‘n gehawende toestand terug?
Jou naam beteken hoop en elke keer as iemand jou naam noem spreek hulle hoop oor jou uit. Daar is egter mense wat meer menings as wysheid het.
-
BLOG
-
Daar sal storms wees
Hallo Nadia
As dit rof gaan in ʼn mens se lewe is daar baie onrusbarende dinge wat ʼn mens raaksien. Dit is geen troos om die koerant op te tel of nuus te luister nie. Moord, politieke korrupsie, meningsgevegte en brandstofpryse dra nie by tot my siel se saligheid nie.
Daar is baie verstaanbare en onverklaarbare dinge wat ons harte met vrees kan vul.
-
Dankie vir die oomblik
Hallo Nadia
Baie dele van ons land het die afgelope tyd reën gekry en dit is asof hele gemeenskappe nuwe hoop gekry het. In sommige dele was daar skade maar die meeste mense is dankbaar vir die reën ten spyte van die verspoeling en oorstroming wat plek-plek gebeur het.
Soms spoel trauma en drama ook so deur ‘n mens se lewe en daarom het ek die webjoernaal na jou vernoem Nadia. Jou naam beteken mos hoop. Saam kan ons hoop in elke situasie innooi.
As ‘n berader het my lewenspad met die van ‘n mense in nood of traumatiese pyn gekruis. Die kontak was soms net ‘n paar uur of selfs vir ‘n paar minute. Vandag kan net ek baie dankie sê vir daardie oomblikke.
As helper hoop en bid jy dat jy ‘n verskil maak aan ander se pyn en lyding. Die werklikheid het my geleer dat elke mens met wie ek in kontak kom aan my hart raak.
-
Deur en deur
Hallo Nadia
Dit is dou voor dag en ek hoor die mooiste voël geluide. Die afgelope tyd was baie bedrywig en die enigste manier om my verslae op datum te kry is om baie vroeg op te staan. Vir my is verslag skryf regtig werk, maar dit is tog ʼn goeie manier om nabetragting te doen.
-
Die ergste scenario’s
Sien jy maklik scenario’s in die ergste graad en gevaar ooral? Sulke regte “worst-case scenarios”. Die goeie nuus is dat jou brein so saamgestel is om jou te beskerm teen gevaar en vir oorlewing.
Angs maak dat ‘n mens jou omgewing en interaksies met mense soos ‘n wafferse speurder die hele tyd bespied.
-
Fear, fake news and false facades
Fear, fake news and false facades
The three things that are thriving in the midst of a national disaster are fear, fake news and false facades. People try to cling to the idea that life has to go on as usual in the shadow of grave health concerns.
The reality is that we have to find a new sense of normality in a maze of anxiety-provoking, exaggerated gossip. It is hard to distinguish what is really happening and when are people exaggerating their situation.
Everything that happens is not a potential catastrophe and you don’t have to be in the centre of everyone’s drama. You are allowed to take a step back to take a reality check.
The good news is that people are resilient and much more flexible than we give ourselves credit for. We have used our innovative skills to deal with the shortage of electricity during load-shedding and now our movements are restricted. We have to make last-minute changes to our schedules because meetings get cancelled. We have to change our working hours and reprioritize interactions to fit in with the load-shedding roster.
-
Hallo Nadia - Opsomming
https://www.facebook.com/HalloNadiaWebjoernaal/Die pragtig naam Nadia beteken ‘hoop’. Die weeklikse webjoernaal is vir die mens wat nooit as te nimmer as 'n slagoffer beskryf wil word nie, maar wie vashou aan hoop in die uitdagendste omstandighede.Die boek 'Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende' omskryf die lewensuitkyk wat die basis van die kort webjoernaalartikels vorm.'Hallo Nadia' word geskryf vanuit 'n praktiese Christenperspektief. Dr Barbara is 'n veelsydige en kreatiewe 'deurbraak'-vennoot wat mense help om op 'n nuwe manier na die lewe te kyk. As ewige student, predikant, berader, lewensafrigter, outeur en kunstenaar gaan sy jou verras met die wyses waarop sy die misterie uit trauma, krisisse en heelwording haal.Maak aanlyn of in-persoon afspraak vanadag nog
-
Hello Nadia
'Hallo Nadia' is ‘n Afrikaanse webjoernaal deur Dr Barbara Louw.
Die pragtig naam Nadia beteken ‘hoop’. Die weeklikse webjoernaal is vir die mens wat nooit as te nimmer as 'n slagofferbeskryf wil wordnie, maar wie vashou aan hoop in die uitdagendste omstandighede.
Die boek 'Hartswysheid en Kopkennis vir Vriende' omskryf die lewensuitkyk wat die basis van die kort webjoernaalartikels vorm.
'Hallo Nadia' word geskryf vanuit 'n praktiese Christenperspektief. Dr Barbara is 'n veelsydige en kreatiewe 'deurbraak'-vennoot wat mense help om op 'n nuwe manier na die lewe te kyk. As ewige student, predikant, berader, lewensafrigter, outeur en kunstenaar gaan sy jou verras met die wyses waarop sy die misterie uit trauma, krisisse en heelwording haal.
Vir daaglikse bemoediging kan jy ook inskryf vir 'Vriende van Inter Trauma Nexus".
-
Hoop en genesing
Hallo Nadia
Wat ʼn voorreg om vir jou hierdie briefie te kan skryf. Elke keer as ek aan jou dink, onthou ek dat jou naam hoop beteken. Hoop is een van die dinge in die lewe waaraan ek met albei hande vashou.
As dit rof gaan in ʼn mens se eie lewe is daar baie onrusbarende dinge wat ʼn mens raaksien. Dit is geen troos om die koerant op te tel of nuus te luister nie. Moord, politieke korrupsie, woordgevegte en stygende pryse dra nie by tot my siel se saligheid nie. -
Jou waarde ken geen prysetiket nie
Hallo Nadia
Ons leef in ‘n vreemde tyd waar almal stoei met ekonimiese en gesondheidsvraagstukke. Een van die maniere wat mense gebruik om hul leefwêreld “normaal” en voorspelbaar te maak is om ‘n etiket om al wat leef en beef te hang. Dit is ‘n kortpad manier van dink wat gebruik word om mense se lewens en belewenisse te probeer orden. Alles van voorkeur klere en persoonlikhede tot kommunikasiestyle te klassifiseer en in “boksies” geforseer.
Ai, as ons tog net na mekaar wil luister en die stemme van mekaar se harte wil hoor. Hartsboodskappe het ook geen prysetiket nie,
-
Jy mag “nee” sê
Hallo Nadia
Soms droom ʼn mens van ʼn lewe vry van die malle gejaag van die stadslewe en verpligtinge wat geen einde het nie.
As jy dan die geleentheid het om vir ʼn oomblik stil te sit, al is dit by die rooi verkeerslig, besef jy dat jy nie eers weet hoe die sogenaamde verpligting op jou skouers beland het nie.
Op daardie oomblik besef jy dat jy alewig instem om goed te doen, sonder om eers na te dink oor die implikasies daarvan.
-
Keuses, keuses...
Keuses, keuses…
Hallo Nadia
Hier in Pretoria het ons weer van winter na somer gespring. Dit lyk of lente oorgeslaan is.
Is daar dae wat dit vir jou voel asof dit moeite is om keuses te maak? Om aan te pas tussen die reëls rondom die verskillende vlakke van die COVID-19-inperkinge en om ‘n vlak van voorspelbaarheid in die lewe te ontdek moes ‘n mens vreeslik baie keuses maak.
-
Krimpvarkie en papegaai sonder sorge
Hallo Nadia
Vandag is een van daardie warboel dae in my kantoor. Goeie geleenthede, slegte nuus, trane, blydskap en hartseer deurmekaar. Gelukkig kan ek ‘n blaaskans vat en vir jou skryf.
Te midde van my passie om mense te help om trauma agter die rug te kry, weet ek dat ek geseënd is om baie ander rolle te vervul. Ek is ʼn vrou, ʼn mamma, ʼn professionale berader en supervisor, ʼn krimpvarkie se bron van voedsel en ʼn papegaai se waterdraer. Al die verskillende rolle is wat my help om balans te hou en ʼn groter prentjie te sien.
-
My Practice and Services
I am passionate about helping people to put trauma behind them and for them to grow. In order to offer excellent care to my clients I studied and did extensive research for the past 30+ years. At the same time, I work and continue investing in the community and my private practice.
In my practice, I make distinctions between different kinds of professional interaction with people. There are services to help people with personal struggles or to offer coaching to achieve liberating well-being. Other services are tailored for the corporate environment to assist employers, business owners and employees with trauma relief. My methods are proven to lead to extraordinary results in a short time with irreversible growth towards wellness.
As far as your needs are concerned, no problem is too big or too small. Together we look at what you need for a solution-focused perspective, with special attention to your story. This therapeutic relationship takes place when we talk in real-time, and when unhealed wounds become apparent you can receive the care you need.
Your unique story will not be a burden to me, because over the years I have helped people deal with trauma, deep historical pain and crushing realities. You and your story will always be handled with respect and dignity in the process of gentle guidance and prayerful support.
Services include various levels of support, counselling, therapy and coaching, as well as supervision. All appointments are made 24/7 on Aquilla Wellness Solutions, an electronic practice management system to ensure a safe and secure process without any third-party interaction, like a receptionist. You choose the available time slot that suits you for an online or in-person appointment, complete the payment and complete the necessary form before attending the appointment.
Before your session, we will engage in a suitable agreement to enable you to express your needs, background and the outcomes you want to achieve. You receive all the information about fees, session length and my professional registrations. No ambiguity to ensure that we can build a therapeutic relationship of professional trust.
The bouquet of services includes:
-
- Face-to-Face Counselling
- Online Counselling
- 3 x English Counselling Series of 6 sessions in 6 weeks (online or in-person)
- Trauma Breakthrough
- Trauma Recovery and Wellness
- From Bitter-"stuckness" to Wisdom
- 3 x Afrikaanse Beradingsreekse van 6 sessies in 6 week (aanlyn of persoonlik)
- Trauma Agter die Rug
- Tyd om Heel te Word
- Skryf jou Pad na Heelwording
- Bi-weekly Therapeutic Support Group (online)
- A Quizto assess whether you will benefit from participating in the Counselling I offer.
Training is divided into personal development and growth via Aquilla Training, as well as more formal training via Kalio Training Institute. The online workshops and counselling training are offered and utilized with great success.
The purpose of the more formal training is to equip people to help others in their environments. Helping people in the community, pews, the workplace and consulting rooms to use the models I developed during my studies. This includes structured training on the Wholistic Wellness Coaching Model; Pastoral Victim Empowerment Model and Christian Pastoral Counselling training.
My husband and I have been involved with Inter Trauma Nexus and the Association for Christian Ministries are the expression of our commitment to community responsibility. Through this ministry network, we offer victim empowerment, ministry support and training. You are welcome to sign up for daily inspiration via the complimentary electronic newsletters, in Friends of Inter Trauma Nexus(English) and Vriende van Inter Trauma Nexus(Afrikaans).
You will see that there are links to social media on this site because you are welcome to link up for regular updates about training, news and encouragement.
Please note that I do not share my client's information with any external researchers; students or any other third party.
There are fees payable for different services and training.
-
Page 1 of 2
Latest News
- Wholistic Wellness Coaching Model
- Fear, fake news and false facades
- Working from home? What a scary thought!
- The therapeutic value of art and play
- I Am Your Breakthrough Champion
- The why and the how of A Sensible Vision
- From Posttraumatic Embitterment To Wholeness In Healthcare
- Can I be a good counsellor?
- ‘n Stukkie van my hart.
- The many faces of trauma
Who's Online
We have 121 guests and no members online