Hello Nadia Webjoernaal

- Details
Hallo Nadia
Tussen die beurtkragsessies is daar soms ‘n kansie vir ‘n koppie koffie saam met my dogter. Die wyse jong vrou het my in alle erns gevra of ek weet van “fake accountability”? Dit is die vals verantwoordbaarheid wat mense gebruik om agter weg te kruip.
- Details
Hallo Nadia
As ek een ding uit die COVID-19 pandemie geleer het, is dit dat tyd nie genees nie.
Daar is soveel keer in ons lewens dat ons voel asof die lewe uitmekaar val. Verhoudings verbrokkel, besighede sukkel en dit lyk asof alles in die huis net uitmekaar val. Oor die algemeen bly jy besig om alles bymekaar te hou. As daar 'n oomblik is om stil te sit, vrees jy dat jy in die pyn verval. Hoe ver val jy?
- Details
Keuses, keuses…
Hallo Nadia
Hier in Pretoria het ons weer van winter na somer gespring. Dit lyk of lente oorgeslaan is.
Is daar dae wat dit vir jou voel asof dit moeite is om keuses te maak? Om aan te pas tussen die reëls rondom die verskillende vlakke van die COVID-19-inperkinge en om ‘n vlak van voorspelbaarheid in die lewe te ontdek moes ‘n mens vreeslik baie keuses maak.
- Details
Natuurlik lyk jy nie soos ‘n springhaas nie, maar ek wonder of jy soms jou ore te veel uitleen. Nee, ek bedoel nie noodwendig dat jy na skinderstories luister nie. Luister jy na mense se ongevraagde en onwelkome menings en kry jy dan jou ore en jou hart in ‘n gehawende toestand terug?
Jou naam beteken hoop en elke keer as iemand jou naam noem spreek hulle hoop oor jou uit. Daar is egter mense wat meer menings as wysheid het.
Subcategories
Blog Archive Article Count: 1
Archive for Hallo Nadia