Hello Nadia Webjoernaal

- Details
Alles vir almal.
Ek is ‘n toegewyde ma, jarelange student, aktiewe gemeenskapslid en so meer. Ek het vir baie lank probeer om by meer dinge uit te kom as wat ek op twee hande kan opnoem. Dan was daar ook die ekstras. Krisisberading en trauma ontlonting wat eenvoudig moes gebeur anders word die bediening afgeskeep.
Sommige aande het ek teruggedink oor my dag en gewonder waar is die dag heen. Dit het gevoel asof die idee om alles vir almal te probeer wees dieselfde is as niks vir enige iemand. Ek weet nie of die stelling waar is nie, maar my energie was so uitgeput dat my sin van betekenisvolle werk en liefdevolle verhouding verdof het.
- Details
Hallo Nadia
Die weer in Pretoria is koel en ideaal vir ‘n heerlike beker koffie op die bankie in die tuin. Dit is ‘n rustige oomblik om dankbaar te wees vir al die genade wat in my lewe seëvier.
Een van die grootste stukke genade in my lewe is die vermoë om te kan lees. Lees het nie vanselfsprekend ontwikkel in my groot-word-jare nie en skool toe gaan was nie my gunsteling tydverdryf nie. Ek moes ‘n bietjie harder werk as ander om te leer lees. Gelukkig het ek van kleins af ‘n honger om te weet wat in boeke staan.
Die ander dag het ek weer gehoor hoe iemand vertel hoe niks wat hulle op skool geleer het vandag iets beteken nie. Hulle borduur toe voort oor hoe boekkennis pure verniet is en studeer is tyd mors. Op my bankie in die tuin dink ek: “Sjoe, wat ‘n mondvol?”
Alhoewel skoolgaan ‘n uitdaging was en niemand ‘n handboek tot die letter toepas nie, het ek so baie geleer. Ek is dankbaar vir wat ek by onderwysers en maats geleer het, want dit is deel van die fondasie waarmee ek vandag kan werk, geskep en woeker. Later het dosente en mentors my gehelp om ‘n stuk verder op daardie fondasie te bou.
Uiter aard is ‘n fondasie nie iets wat oop en bloot lê, tensy daar fout met ‘n gebou is nie. My fondasie is onder die oppervlak. Dit is ‘n sterk basis, want van kleins af het ek die voorreg gehad om uit die Woord van God te leer. Ek het van jongs af geleer om ekstra werk te doen om te bereik wat nodig was.
Vandag is ek dankbaar vir die geleenthede wat ek ontvang het en mee kon werk. Wat ek geleer het was nooit verniet nie. Dit was nie verniet in die sin van waardeloos nie. Dit was ook nie verniet in die sin van gratis nie, want iemand het betaal vir my voorreg om te kon leer.
Nadia, ek kan jou help as jy vandag voel dat alles is sommer nutteloos en jy het nodig om hoop vir jou toekoms te kry. Ander mense se ongegronde opinies kan dinge soms skeef trek en baie seer veroorsaak. Maak gerus ‘n afspraak.
- Details
Hallo Nadia
Terwyl ek vanoggend geskryf het aan die daaglikse brief van bemoediging het ek gedink aan die ou uitdrukking wat sê: “Aan die hand wat blomme gee, kleef ’n bietjie geur”.
Dit is so waar! Daar is ‘n paar hartstake wat elke dag eerste op my beplanningslysie verskyn. Die eerste drie prioriteite gaan oor die bemoediging en aanmoediging van ons vriende en kollegas. Of die sonskyn of dit reën, dit is ‘n hartsbesluit wat uitgevoer word.
Terwyl ek vanoggend skryf dat God ‘n mens nooit wees laat nie en dat Hy ‘n weg oopmaak waar daar gee pad is nie, het iemand vir my ‘n “deur” opgemaak. ‘n Kollega, wie ek nog nooit eers ontmoet het nie, het soveel moeite gedoen om ons opleidingsinstansie laat evalueer en by ‘n internasionale instansies aanbeveel. Dit is ‘n uitsonderlike gebaar van welwillendheid in ‘n kompeterende wêreld. In Psalm 23 sê Dawid dat net goedheid en guns sal my volg.
Ek weet dat ek kan nooit meer gee as wat ek ontvang het nie. Op die slegste tye in my lewe het ons getrou gewerk om mense te bemoedig en aan te moedig. Daar was tye wat ek gedink het ons het alles gegee en dat ek nie ‘n druppeltjie energie oor het nie, maar as die telefoon lui of iemand vir raad vra het die Here die wysheid en energie gegee.
Die rowwe deel van die blomme-idee is wanneer mense vir hulp vra en nie die hulp waardeer nie. Dit is asof jou beste gawe, die lewensblomme, vertrap word. Geen goeie daad wat jy vir iemand anders doen gaan ongesiens verby nie. Ons Hemelse Vader weet wat jy doen en wat jou hartsgesindheid is waarmee jy ander help.
Dit beteken as jy jou siek geliefde versorg of ‘n goedhartige daad vir iemand ander doen is dit soos om blomme te gee. Die geur bly op jou hande ongeag of jy ‘n dankie kry en of dit waardeer word. Doen wat jy doen met jou hele hart en die wonderlik geur van God se guns sal met jou wees.
As die dankies vir wat jy doen min en ver uitmekaar is, sê ek vandag dankie dat jy gehoorsaam en getrou is. Dankie dat jy geleenthede aangryp om menslikheid en die goedertierenheid van God te deel in ‘n gebroke wêreld. Moenie moeg word om goed te doen nie. Mag jy bewus word van die wonderlike geur van genade wat aan jou hand kleef wanneer jy blomme deel.
As jy vuisvoos voel en uitgeput raak is jy welkom om ‘n afspraak te maak sodat ek jou kan help om jou kop weer op te te. Ek is ‘n oproep ver. Jy kan self ‘n afspraak bespreek sonder enige derde party wat baie vrae vra deur na my webwerf te gaan vir aanlyn- en in-persoon-afsprake.
Groete tot volgende keer.
Dr Barbara
- Details
Hallo Nadia
Die vraag is nie of ek dit ooit moeilik vind om 'n probleem te hanteer nie. Die sleutelwoord is 'wanneer'. Ek het gevind dat dit in orde is wanneer ek met 'n probleem worstel, al is ek die deurbraakmetgesel wat trauma en krisisse help ontsyfer.
Die worsteling met 'n probleem gebeur in navorsing, studie en daaglikse lewe. Hierdie stryd word veroorsaak deur die hantering van 'n nuwe vraag of die hulpbronne is onvoldoende om na 'n kitsoplossing te spring. Vinnige oplossings maak gewoonlik probleme erger.
My resep om uitdagings in die gesig te staar is redelik eenvoudig.
Subcategories
Blog Archive Article Count: 1
Archive for Hallo Nadia